Gesels met Ems
Ons Wit Kersfeestoer
Tuis / Toere / KERS27
KERS27

Ons Wit Kersfeestoer

10–23 Des 202714 daeDuitsland · Frankryk · Oostenryk · Slowakye · Switserland
14dae op toer
5lande
16plekke op die roete
2toerleiers saam met jou
Die roete

Waarheen gaan ons?

Klik op enige nommer op die kaart om daardie dag se program te lees.

Dag tot dag

Die toerprogram

Ons Kersfeestoer begin al op O.R. Tambo Lughawe waar die opgewonde toerlede bymekaarkom! Ons vertrek na Wene in Oostenryk. Ons kry etes en drankies tydens al die vlugte. ('n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is op aanvraag beskikbaar.)

Ons arriveer op Wene se lughawe. Hier wag ons luukse bus reeds op ons. Hierdie gerieflike bus bly ons s'n tydens ons hele Kersfeestoer. Ons vertrek van die lughawe af na Bratislava, die hoofstad van Slowakye. Hier beleef ons die uniekheid van hierdie land se Kerstyd. Ons besoek eerstens hulle pragtige Kersmark en daarna geniet ons vrye tyd in Bratislava se ou stad.

Later neem ons bus ons terug na Wene waar ons die volgende twee nagte in 'n heerlike hotel tuisgaan.

Vanoggend begin ons met 'n interessante stadsbesigtigingstoer van Wene. Hierna het ons die hele dag vry in die pragtige ou stad. Die artistieke en intellektuele nalatenskap van die stad is gevorm deur sy bekende inwoners, o.a. Mozart, Beethoven en Sigmund Freud. Die stad is ook bekend vir sy keiserlike paleise, insluitend Schönbrunn – die Habsburgers se somerwoning. In die Museumkwartiere vertoon historiese en kontemporêre werke van Egon Schiele, Gustav Klimt en vele ander kunstenaars.

Jy het vandag geleentheid om die menigde Kersmarkte en van hierdie merkwaardige stad te besoek. Vanaand eet ons aandete by die Heuriger waar Beethoven graag besoek afgelê het.

Ons groep vertrek vanoggend na Hallstatt. Op pad stop ons in die pragtige Dürnstein, 'n dorpie bekend vir sy blou barok-kerktoring.

In Hallstatt – een van die allermooiste dorpies – geniet ons 'n bootvaart, stap rond en jy kan 'n gesellige koffiewinkel besoek! Hierna ry ons na Bad Reichenhall waar ons vanaand gaan slaap.

Na ontbyt neem ons bus ons na Eugendorf waar ons 'n heerlike perdekoetsrit geniet. Later ry ons na Salzburg en besoek die ou stad. Ons ontmoet ons gids vir 'n besigtigingsgtoer deur die stad. Ons geniet vrye tyd in hierdie sprokiestad waar Mozart gebore is. Laatmiddag ry ons terug na ons hotel in Bad Reichenhall waar ons saam aandete geniet.

Vanoggend vertrek ons na die pragtige hoofstad van die Tirool, Innsbruck, waar ons die Kersmark se liggies bewonder tydens vrye tyd. Ons ry later verder na Oberammergau waar ons die volgende twee nagte oornag.

Vanoggend ry ons na die Zugspitze – die hoogste bergpiek in Duitsland. Ons ry met die kabelkar tot bo in die berge. Daarbo is lieflike restaurante waar ons oor die sneeu kan uitkyk. Hier beleef ons tipiese sneeu soos die Europeërs dit geniet!

Na ons heerlike oggend in die berge besoek ons die Ettalklooster. Ons slaap weer in Oberammergau oor.

Ons vertrek vanoggend na die lieflike Bodensee. Ons spandeer eers tyd in die skilderagtige Lech. Dan besoek ons verskeie dorpies rondom die Bodensee waar die Kers-atmosfeer teen die agtergrond van dié meer jou meesleur. Ons geniet 'n bootvaart en besoek Lindau. Daarna vertrek ons na ons hotel in Konstanz waar ons oornag.

Ons besoek vandag die universiteitstad Konstanz. Die Altstadt (ou stad) van Konstanz het baie ou geboue en kronkelende stegies. Die stadshorison word oorheers deur die Konstanzkatedraal, verskeie ander kerke en drie torings wat van die stadsmuur oorgebly het. Ons oornag weer in ons hotel in Konstanz.

Vandag ry ons na die nimlike Swartwoud. Ons besoek die dorpie Triberg, wat 'n transformasie ondergaan tydens Kersfees. Hiervandaan gaan ons Frankryk binne en besoek ons die Elsasgebied. Ons slaap die volgende paar aande in Colmar oor en ons groep geniet vanaand aandete saam in die hotel.

Triberg, Duitsland & Colmar, Frankryk

Ons spandeer hierdie lieflike dag in die imposante Strasbourg. Ons plaaslike gids vertel ons meer oor hierdie pragtige stad. Die Rynrivier vorm die grens tussen dié stad en Duitsland. Strasbourg het in 1988 sy tweeduisendste bestaansjaar gevier. Strasbourg is 'n stad wat Kersfees behoorlik vier, met 13 Kersmarkte, die pragtige strate van Kleine Frankryk en menigde kerke om in jou vrye tyd te beleef.

Dis Kersfees! In Colmar! Na 'n rustige ontbyt, het ons die hele dag vry om die vele straatjies, markte en winkeltjies te ontdek en geniet. Vanaand geniet ons 'n heerlike Kersaandete as groep.

Colmar, Frankryk

Na nog 'n heerlike ontbyt, val ons in die pad na Zürich om vanmiddag ons vlug terug na Suid-Afrika te haal.

Ons land in Johannesburg. Nadat ons soveel gesien en beleef het, gaan ons nog jare lank die mooiste herinneringe hieraan koester!

Teen wisselkoers van €1 = R19.00

Toerprys

Wat is ingesluit?

  • Ekonomieseklas-retoervliegkaartjie van Johannesburg. ('n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is op aanvraag beskikbaar.)
  • Lughawebelasting – mag toeneem a.g.v. wisselkoersverandering (tans geen)
  • Gehalteverblyf (bed en buffetontbyt) in dubbel- of twinkamers, elk met eie badkamer
  • Aandetes soos gemeld in ons program of 'n subsidie van €20 p.p. vir aandetes wat nie as groep saamgeëet word nie
  • Privaat luukse bus vir die groep (met lugverkoeling en yskas) vir die duur van die toer
  • 'n Stadstoer met professionele Engelssprekende gidse in Wene, Salzburg, Konstanz en Strasbourg
  • Bootvaart op die Hallstättermeer
  • Perdekoetsrit in Eugendorf
  • 'n Besoek aan Swarovski Welt
  • Kabelkarretjie op met Zugspitze
  • 'n Besoek aan Ettalklooster
  • Swartwoudkoek en koffie in die Swartwoud
  • Bootvaart op die Bodensee
  • Fooi vir die busbestuurder: €24 p.p
  • Twee ervare toerleiers vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding. (Wees ook gerus: Daar is dus altyd 'n ekstra persoon wat in geval van nood hulp kan verleen.)
  • Die gebruik van WinskoopToere se kwaliteit radio'tjies (oudiogidse) sodat almal die gidse ewe goed kan hoor
  • Visumkoste
  • Reisversekering (LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Tree gerus met ons in verbinding vir meer inligting.)
  • Middagetes
  • Drie AA-batterye vir gebruik in die radio'tjies
  • Enige ander toegangsgelde en uitstappies wat jy op jou eie onderneem – volgens jou eie voorkeur
  • Die addisionele koste daaraan verbonde indien jy kies om jou sitplek vooraf te bespreek, soos bepaal deur die lugredery
  • Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard
Meer toere

Jy sal dalk ook hiervan hou

Alle toere
KERS27 · p.p. wat deelOp aanvraag
Bespreek