

Van een toer na 'n familie van reisigers
WinskoopToere het as 'n gesinsbesigheid begin en is vandag steeds 'n familie wat sorg dat elke toerlid soos familie behandel word.
Fanie en Ems Jooste woon as jong getroudes twee jaar lank in Duitsland terwyl hulle in Detmold studeer, en reis in dié tyd deur Europa.
Fanie organiseer en neem sy eerste toergroep na Europa.
Die toere word 'n voltydse besigheid, en die gesin raak stelselmatig al hoe meer betrokke.
20 toere – van André Rieu in Maastricht tot die Serengeti, Kroasië per boot en Japan.




















