Gesels met Ems
Ons Wonderlike Turkyetoer
Tuis / Toere / TURK27
TURK27

Ons Wonderlike Turkyetoer

30 Sep – 10 Okt 202711 daeTurkye
11dae op toer
1land
17plekke op die roete
2toerleiers saam met jou
Die roete

Waarheen gaan ons?

Klik op enige nommer op die kaart om daardie dag se program te lees.

Dag tot dag

Die toerprogram

Ons groep vertrek vanaf O.R. Tambo Lughawe in Johannesburg na Istanboel . ('n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is beskikbaar.)

Ons arriveer op die lughawe buite Istanboel. Vandaar neem ons 'n binnelandse Turkse vlug na Kappadosië. Met aankoms in Kappadosië ontmoet 'n plaaslike Turkse gids, wat ons deurgaans verder vergesel, ons by die lughawe.

Met ons bus wat die hele tyd tot ons beskikking is, reis ons deur Kappadosië met sy uitsonderlike natuurlike wonders wat sprokiesmooi skoorstene en 'n unieke historiese en kulturele erfenis insluit. Ons besoek ook Urgup, waar die eerste Christene in grotte en gate gebly het (Heb. 11:38), en die Zvelve Opelugmuseum waar Christene vir eeue vergader het. Later vertrek ons na Nevsehir – die hoofstad van Kappadosië (Hand. 2:9). Hier geniet ons aandete en bly twee nagte in 'n vyfsterhotel oor.

Na ontbyt vertrek ons met ons bus en ry deur hierdie gebied wat meer as 'n duisend jaar lank 'n belangrike rol in die geskiedenis van die Christendom gespeel het.

Dit is ook 'n baie interessante gebied met natuurlike en mensgemaakte rotsformasies, asook pragtige panoramas met verstommende natuurprag. Ons hele dag in Kappadosië sluit verskeie historiese besienswaardighede, kerke en 'n teologiese instituut uit die eerste eeue in, asook die pragtige Dove Valley en Uçhisarkasteel. By Avanos is die dorpies beroemd vir hulle rooi klei pottebakkerswerk. Ons stap ook rond in een van die ondergrondse stede van Kappadosië.

Ons bly vanaand in dieselfde hotel oor en geniet aandete daar.

Vandag reis ons deur die gebiede van Galasië en Frigië (Hand. 2:10 & 16:6). Ons besoek die Sultanhanı Karavanserai en bedink die rol van die hoeksteen en sluitsteen waarna in die Bybel verwys word.

Ons reis vat ons na Ikonium, wat vandag as Konya bekend is, waar Paulus vir Timoteus ontmoet het.

Ons oornag vanaand in 'n hotel in Antiochië, die stad waar soveel mense deur Paulus se werk tot bekering gekom het. Hier geniet ons ook aandete as groep.

Na 'n heerlike ontbyt reis ons verder op ons pad na die antieke stede van die sewe gemeentes van Openbaring. Die eerste stop vir die dag is Hiërapolis, wat in die Bybel genoem word in Kol. 4:13.

Van Hiërapolis reis ons na Laodisië, wat in Openb. 3:14-22 genoem word. Ons volgende stop is Filadelfia, wat in Openb. 3:7-13 genoem word. Laastens, reis ons na Sardis, wat in Openb. 3:1-6 genoem word.

Ons slaap vanaand in 'n hotel in Hiërapolis. Ons geniet aandete in die hotel.

Ons vertrek vandag verder op 'n onvergeetlike reis van die sewe gemeentes van Openbaring. Die eerste stop: Kolosse. Van hier reis ons na Smirna, wat in Openb. 2:8-11 genoem word.

Ons slaap die volgende twee aande in 'n pragtige hotel in Kusadasi. Ons geniet aandete in die hotel.

Vandag is nog 'n hoogtepunt! Ons bring die hele dag in die ou stad van Efese deur (Hand. 19; Ef. 1-6; 1&2 Tim; Openb. 2:1-7 en Openb. 21).

Ons stap rustig deur hierdie goedbewaarde stad uit die tyd van die Nuwe Testament. Ons groep besoek ook die Tempel van Artemis (Hand. 19:23-28) en die Basilika van Johannes. Ons slaap vanaand in dieselfde hotel by Kusadasi, waar ons aandete saam geniet.

Na ontbyt vertrek ons na Tiatira, wat in Openb. 2:18-29 genoem word. Tiatira was bekend vir sy ryk tekstielbedryf en was die tuiste van 'n Christelike gemeente wat deur die apostel Paulus gestig is. Van Tiatira reis ons na Pergamon, wat in Openb. 2:12-17 genoem word. Dit was ook die tuiste van die indrukwekkende Altaar van Zeus, dikwels verwys na die Pergamon-altaar, wat later na Berlyn vervoer is.

Na ons besoek aan Pergamon, vertrek ons na Troje. Troje is die stad waar die beroemde Trojaanse oorlog plaasgevind het. Hier verken ons die antieke ruïnes van die stad. Aan die einde van ons dagreis deur hierdie historiese plekke, bring ons die aand deur in 'n hotel naby Troje.

Die eerste stad op ons roete vandag is Nicea (moderne Iznik), wat bekend is vir die Eerste Raad van Nicea wat in 325 n.C. gehou is. Dit was een van die belangrikste kerklike raadsittings in die geskiedenis, waar die geloofsbelydenis van Nicea opgestel is en die Christelike begrip van die Drie-eenheid gevestig is.

Na Nicea sal ons verder beweeg na Chalcedon, waar die Tweede Raad van Chalcedon in 451 n.C gehou is. Hierdie Raad was van groot belang in die vestiging van die Christelike leer oor die natuur van Christus, wat bepaal het dat Christus beide volledig God en volledig mens is.

Na ons besoeke aan Nicea en Chalcedon sal ons die aand in 'n nabygeleë hotel deurbring, waar ons die erfenis van hierdie antieke stede kan waardeer en 'n heerlike aandete kan geniet.

Vandag verken ons die hart van Istanboel, 'n stad wat die kruispunt van Oosterse en Westerse kulture simboliseer. Ons begin die dag met die verkenning van die stadsmure van Istanboel, wat oorspronklik in die vyfde eeu gebou is om die stad teen indringers te beskerm.

Van die stadsmure af, vertrek ons na die majestueuse Topkapi-paleis, die voormalige woning van die Ottomaanse sultane. Ons besoek ook die bekende Grand Bazaar in Istanboel en doen inkopies by die bekende spesery-mark.

Na 'n wonderlike middag van kultuurskatte geniet ons 'n rustige vaart op die Bosphorusrivier. Ons geniet aandete in 'n plaaslike restaurant voordat ons na die lughawe vertrek vir ons vlug terug na Suid-Afrika.

Ons groep keer terug na Suid-Afrika en land op O.R. Tambo Lughawe, verryk met wonderlike belewenisse van ons besoek aan Turkye.

Toerprys

Wat is ingesluit?

  • Ekonomieseklas-retoervliegkaartjie van Johannesburg na Istanboel en terug. ('n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is op aanvraag beskikbaar.)
  • Ekonomiese binnelandse vlug van Istanboel na Nevsehir
  • Lughawebelasting – mag toeneem a.g.v. wisselkoersverandering (tans geen)
  • Gehalteverblyf (bed en buffetontbyt) in dubbel- of twinkamers, elk met eie badkamer, in vyfsterhotelle
  • Aandetes soos gemeld in ons program
  • Privaat luukse bus vir die groep (met lugverkoeling en yskas) vir die duur van die toer
  • Alle fooitjies – vir die busbestuurder, gids en hotelportiere
  • 'n Beduidende PLUS: Teologiese professor Henk Stoker van die GKSA, tree as geestelike toerleier van die toer op
  • 'n Plaaslike, gekwalifiseerde Engelssprekende gids uit Turkye wat die toerleiers deurgaans bystaan
  • Toegangsgelde by al die besienswaardighede wat ons groep besoek
  • Die gebruik van WinskoopToere se kwaliteit radio'tjies (oudiogidse) sodat almal die gidse ewe goed kan hoor
  • Visumkoste ('n visum vir Turkye kan aanlyn verkry word en is gratis vir Suid-Afrikaners)
  • Reisversekering (LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Tree gerus met ons in verbinding vir meer inligting.)
  • Middagetes
  • Drie AA-batterye vir gebruik in die radio'tjies
  • Enige ander toegangsgelde en uitstappies wat jy op jou eie onderneem – volgens jou eie voorkeur
  • Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard
Meer toere

Jy sal dalk ook hiervan hou

Alle toere
TURK27 · p.p. wat deelOp aanvraag
Bespreek